skip to Main Content

Bybelkennis 2022: Nog foto`s

https://www.facebook.com/media/set/?vanity=bcvo.co.za&set=a.7498466130195788

 

Bybelkennis 2022: `n Terugblik

Baie geluk aan elke deelnemer!

BCVO Nuusbrief 2 van 2022

Ons plant bome by die Voortrekker Monument

SA Atletiek op 19 Maart 2022. `n Hoogtepunt op die kalender.

Stem asseblief steeds!

Ouderdom is nie vir sissies nie!

Bo 60? Vra hiervoor wanneer inkopies gedoen word!

 

Hier praat ons Afrikaans!

Ter Wille van Ons Kinders: `n Eerste Nommer 1 !!

Stem asseblief steeds op diie verskillende platforms vir Ruhan du Toit! GrootFM, PretoriaFM en Bosveld Stereo.

https://www.youtube.com/watch?v=iR83Tah_gGw

CVO-Pretoria hou Karnaval!

Majuba Feesnaweek

Dit is vir die Majuba Boerevolktrust ’n voorreg om die naweek van 25 tot 27 Februarie 2022 weer die Majubafees saam met ons gasheer organisasie aan te bied. Vir 2022 is Orania as gasheer aangewys en geskied die beplanning en organisasie van die fees met die bystand van die Orania Dorpsraad en die Orania Beweging.Die Majubafees is ’n unieke geleentheid om die laaste veldslag van die Eerste Vryheidsoorlog te herdenk. Die fees neem die vorm van ’n kampnaweek aan waar volksgenote aan die voet van Majuba kampeer en die prag natuur en geskiedenis kan inneem. Verskeie aktiwiteite word weer hierdie jaar in die program aangebied en kan feesgangers uitsien na skyfskiet, bergklim, cantus, Grietjie-kanon, jukskei, boogskiet, potjiekos kompetisie, perde kommando, boeresport, fakkelloop en vele meer.

GESKIEDENIS?!
Marieka Visage

“Dit was die slegste van al my vakke! Ek kon nooit daardie baie datums onthou nie. En dan die klomp punte wat jy moes leer onder elke hofie. Oorsake, gevolge, voorwaardes. Soos die kinders deesdae sê: ‘Boring’”. Ja, ons praat van geskiedenis. As ons meestal eens is met die siening hierbo, moet ons begrip hê vir die kinders se houding. Daar is dikwels goeie redes daarvoor. ‘n Oudonderwyser probeer by die wortel van hierdie ingesteldheid kom.

In die meeste laerskole word onderwysers nie net aangestel om ‘n spesifieke vak te onderrig nie, (met uitsondering van hoofvakke soos wiskunde, wetenskap en tale), maar ook oor hulle “bruikbaarheid”. (Miskien moet ‘n mens dan ook rugby by die hoofvakke sit!) Dit gebeur dus dat ‘n onderwyser vir Wiskunde aangestel word, maar dan ook in ekstra administratiewe periodes ander byvakke, soos Geskiedenis, moet aanbied. ‘n Wiskunde-onderwyser wat ook Geskiedenis moes aanbied, het reguit gesê: “Ek haat Geskiedenis!” Nou hoe kan ‘n leerling belangstelling in en liefde vir ‘n vak ontwikkel as die aanbieder nie positief opgewonde is daaroor nie? Die kraggedeelte van leerkrag verdwyn.

‘n Ryke geleentheid om in die klas insig te verwerf en te redeneer oor optredes en moontlikhede, m.a.w. om te dink, gaan verlore. Vir iemand met so ‘n negatiewe ingesteldheid teenoor die vak is die maklikste manier om toetse op te stel dan hoofsaaklik om vrae te vra soos: “Wat is die datum…”, of “Gee die vyf redes vir …”. Dit toets bloot of die kind geleer het – en met die leerling/leerder se negatiewe ingesteldheid gaan hy dit in elk geval vinnig vergeet.

‘n Onwillige onderwyser is gewoonlik handboek gebonde. Hy of sy lees die stuk geskiedenis uit die handboek voor en die kinders moet daarna vrae skriftelik beantwoord. Nog erger, leerders moet die gedeelte sommer self lees. Hierdie kinders het nie die voorreg van baie van ons ouer geslag gehad nie – geïnspireerde geskiedenisonderrig.

‘n Voorbeeld van sulke onderrig was die graad 7 (std 5) juffrou, juffrou Botha van Truida Kestell Meisieskool op Bethlehem. Die kinders was skrikkerig vir dié adjunkhoof, maar sy was op alle gebiede ‘n uitstekende onderwyseres met uitstaande resultate. Dié jaar, 1958, was die Groot Trek onder andere deel van die leerplan. Die bestaande fietsstaanplek moes opgeknap word en die vorige een het langsaan op sy sy gelê. Juffrou Botha het ons ons skoene en kouse laat uittrek en “kaalvoet oor die Drakensberge” (die plat fietsstaanders) laat loop! Dis was om die erns en gebelgdheid van die Voortrekkervroue na die anneksasie van die Republiek van Natalia prakties in te prent. En wie kan ou Neethies van Sentraal Hoër se handgebare vergeet as hy verduidelik het hoe Garibaldi tydens die unifikasie van Italië te perd al langs die skiereiland af “geparka-parka” het! Prof. Bun Booyens op Stellenbosch. Studente wat nie eers Geskiedenis geloop het nie, het meermale sy klasse kom bywoon – net om na sy aanbiedings te luister!

Die bron van my belangstelling in volksgeskiedenis was my ouma. Sy het saans, wanneer die koue van Bethlehem ons kringetjie al nouer om die kaggel getrek het, stories uit haar kinderdae vertel. Dit het die Engelse-Boereoorlog ingesluit, asook die armoede daarna. Sy was ‘n tiener in die Middelburg-distrik van die Kolonie – een neef ‘n Kaapse rebel, die ander ‘n joiner. Alhoewel sy in die Kolonie in Engels moes skoolgaan, was sy ‘n vurige en trotse Afrikaner.

Vandag is baie van ons ontsteld oor die inhoud van Geskiedenis in ons openbare skole. Die geskiedenis van die Afrikanervolk word grotendeels negeer, of op so ‘n manier aangebied dat Afrikaanse kinders nie meer trots is op hulle herkoms nie, maar eerder skaam is daarvoor. Die CVO-skole (Christelike Volkseie Onderwys) bring egter hulle kant om Afrikanerkinders in te lig. Tog sit hulle ook met die probleem dat kinders nie opgewonde is oor Geskiedenis nie, hoewel die BCVO ‘n uitstekende kurrikulum voorgeskryf het. Hulle het toe die saak anders benader en die geskiedenishandboeke vir gr. 4 tot 9 (standerds 2-7) laat oorskryf. Afgesien van die menslike faktor by die aanbieding van die vak, moes geskiedenis, veral op laerskool, vertel word en waar moontlik geïllustreer wees.

Geskiedenis is die verhaal van menslike belewenisse op verskillende vlakke van die samelewing. In die leerstof wat die CVO-skole gebruik, word die “storie” van die Afrikanervolk, uit ‘n Afrikanerperspektief gesien, feitelik, maar nie akademies nie, vertel. Die taalgebruik is dus gebruiksafrikaans in ‘n verteltrant. Waar begrippe soos byvoorbeeld imperialis, kommunis, sosialis, dalk veral vir jonger lesers minder bekend sou wees, word dit in blokkies langs die teks verduidelik. ‘n Volk bestaan uit mense en medemense. Hulle geskiedenis moet ook die siel van die volksgenote as mense in situasies probeer voorstel. Dis was moeilik in die vroeë geskiedenis. Die gebeure sedert die Engelse-Boereoorlog en daarna was makliker, omdat baie betrokkenes hulle persoonlike ervarings neergeskryf het en foto’s beskikbaar is. Die gees en siel van die betrokkenes in ‘n spesifieke tydperk word ook in die letterkunde vasgevang. Daarom verskyn daar ook telkens gedigte in dié CVO- geskiedenishandboekies.

In ‘n openbare skool is die staat se siening van die geskiedenis ‘n gegewe. Die Afrikaner se geskiedenis word dus grootliks geïgnoreer. Die bietjie wat wel voorgeskryf is, word meestal in ‘n negatiewe lig aangebied. Wat kan daaraan gedoen word? Baie.

Ten eerste: Oupas en oumas, pa’s en ma’s, vertel vir julle kinders wat ons in ons jeug beleef het. Vertel dit in die motor as julle op reis is, vertel dit as slaaptydstories, nie pedanties of afbrekend teenoor ander nie, net die stories. Dan sal julle kinders nie soos myne na ‘n besoek aan Majuba vra nie: “Ouma, het ons land dan ‘n wit president gehad?”

Nogmaals ten eerste: Onderwysers. Die vak wat jy moet aanbied, is dalk glad nie jou keuse nie. Maar jy ís ‘n onderwyser, ‘n opvoeder, ‘n leerkrag. G.A. Watermeyer praat van die “gietvorms van ons jeug” en sê verder:

            “jul bou met meer as staal of steen,

            Ons volkswees wentel om jul heen. . .”

Mag julle en ons die Afrikanervolk se geskiedenis nie net feitelik nie, maar ook met siel oorvertel, sodat ons jeug die hout kan ken waaruit hulle gesny is; dat hulle weer trots kan wees op die volk waarin hulle gebore is.

Glansgeleentheid 2022: 21 Januarie 2022

 

Die BCVO het tydens `n Glansgeleentheid op Vrydagaand 21 Januarie, erkenning gegee aan CVO-skole se Graad 12 presteerders. Tydens hierdie geleentheid is “Ter Wille van Ons Kinders” deur Ruhan du Toit ook aan die publiek bekend gestel.

Hier is dit nou… Ter Wille van Ons Kinders!

https://www.youtube.com/watch?v=iR83Tah_gGw

BCVO SE MATRIKULANTE VAN 2021 BEHAAL 98% SLAAGSYFER

Die CVO kandidate van 2021 het ʼn slaagsyfer van 98% in die IEB (Independent Exam Board) se Nasionale Seniorsertifikaat eksamen behaal. In 2020 was dit 99% en 98% in 2019.

Die IEB se slaagsyfer is 98.39% teenoor die 98.06% van 2020. 12 857 voltydse kandidate het die IEB-eksamen afgelê.

80% van die CVO kandidate het toelating tot graadstudie behaal, teenoor die 79% van 2020 en 74% van 2019.  

Danél Hoogenboezem, CVO Potgietersrus en Retha Papenfus, CVO Pretoria het elk 6 onderskeidings behaal. Sulize de Bruin, CVO Pretoria, Jaques Rix en Kayla van der Merwe, CVO Lichtenburg, Frans en George du Plessis, CVO Omega in Kareedouw en Pieter Willem Möller, CVO Gromar het elk vyf onderskeidings behaal.

Sulize de Bruin van CVO Pretoria is onder die beste 1% van die IEB-kandidate in Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal.

Die matrieks van 2021 is ‘n groep wat besondere vermelding verdien aangesien hulle hulle laaste twee jaar op skool baie swaar gekry het a.g.v. COVID. Dit is nie net onsekerheid nie, maar ook trauma wat hulle beleef en ervaar het. Hulle het egter besondere aanpasbaarheid en deursettingsvermoë getoon en uitgestyg bo al die uitdagings. Ons is baie trots op hulle.

Die beste presteerders in die afsonderlike vakke kry DV Vrydag 21 Januarie 2022 tydens ’n formele glansdinee erkenning vir hulle prestasies.

CVO skole is onafhanklike Christelike Afrikaanse skole wat landswyd uitnemende onderwys bied. Verskeie van die skole strek van kleuter tot matriek en leerlinge kan in koshuise geakkommodeer word. Leerlinge word aangemoedig en ondersteun om hulle potensiaal te bereik.

Besoek gerus BCVO se webtuiste vir meer inligting www.bcvo.co.za.

Alle dank en eer aan die Here vir goeie prestasies!

Ter wille van ons kinders – tot Eer van God!

Lucia van Wyk

Hoof Uitvoerende Beampte

071 896 1323

Back To Top