SKOOLHOOF – CVO Skool Pretoria
CVO Skool Pretoria beskik oor ‘n vakante Skoolhoofpos vir vulling soos hieronder aangedui. CVO Skool Pretoria is ‘n privaatskool wat vanuit ‘n Calivinisties-Gereformeerde benadering onderrig aan leerlinge verskaf. Die skool se voertaal is Afrikaans, die leerplan wat gevolg word voldoen aan die Kurrikulum Assesserings Verklaring, die skool skryf die IEB-matriekeksamen in Afrikaans en die skool is ten volle geakkrediteer by Umalusi.
Posvereistes:
- Onderwys-gegradueerd.
- Ten minste 10 jaar onderwyservaring.
- Bestuurservaring in die onderwys sal ‘n aanbeveling wees.
- Geregisteer by SARO as Onderwyser.
- Lid van een van die 4 Gereformeerde Kerke.
Diensaanvaarding:
- Onderhandelbaar.
Aansoek vereistes:
- Verklaring van Voorneme.
- Volledige Curriculum Vitae.
- Gewaarmerkte afskrifte van sertifikate.
- Getuigskrif van huidige Leraar.
- Bereidheid om psigometriese toetse af te lê.
Sluitingsdatum vir aansoeke:
- Vrydag 20 September 2019
Vergoeding:
- Onderhandelbaar.
Aansoek adres:
- kantoor@cvopta.co.za
Navrae:
- Mnr Jannes van Tonder (Voorsitter Opvoedingsraad): 078 458 6667
- Mev Wilma Oelofse (Maatskappy Sekretaris): 072 231 6584