TuisbladsyWie is onsPersoneelKontak onsNuusgebeureLys van skoleDokumenteVraestelleEksamenuitslaeFoto albumKalenderNuusbriewePoste beskikbaarTeken in

Onafhanklike Afrikaanse Eksamenraad

Webjoernaal

 

 


CVO Nuusgebeure

 

CVO Skool Pretoria open 'n koshuis

CVO Skool Pretoria kry 'n koshuis!

Met dankbaarheid in ons harte kan ons aankondig dat CVO Skool Pretoria vanjaar kan begin om kosgangers te huisves. Danksy twee goeie vriende van CVO, kan ons aanvanklik die kinders akkomodeer in die geboue van Waterbok Gastehuis op Kleinfontein in die wildpark, terwyl  bouwerk en reparasies aan ons permanente koshuis , minder as 5 Km van ons skool af, voltooi word.
Toelating tot CVO Pretoria is 'n voorvereiste vir koshuisverblyf. Navrae kan gerig word aan Mev Wilma Oelofse by CVO skool Pretoria ( 0836366098) of Rina van Tonder 0837784605 op Kleinfontein


 

Uitslae van Matrieks van 2011

GR. 12 UITSLAE VAN BCVO-KANDIDATE VAN 2011

BCVO se Gr. 12-kandidate van 2011 het ’n 95 % slaagsyfer behaal. 77 % van al ons kandidate kan verder gaan studeer.

Ons het twee kandidate wat elk sewe onderskeidings behaal het, naamlik: Hannes van Wyk van CVO Skool Pretoria en Hanneke Strumpher van CVO Carolina.

Tussen die 187 kandidate wat in 2011 die NSS-eksamen afgelê het, het hulle 133 onderskeidings ingeoes.

 BCVO is tevrede met die afgelope ERCO eksamen en is oortuig dat vraestelle van ’n hoë standaard was. Al die vraestelle is deur eksterne moderatore van Umalusi goedgekeur. Volgens verklarings is kandidate van ERCO se jaarpunte nie in berekening gebring nie omdat van die jaarpunte van van die instansies nie geloofwaardig was nie. Dit lyk nie of dit BCVO-kandidate enigsins benadeel het nie. CVO Skole se jaarpunte word gemodereer op verskillende vlakke en tye en daarom stem dit grotendeels ooreen met ’n kandidaat se eksamenpunte. Daarom kan ons glo dat kandidate nie benadeel is nie.

 

CVO Sannieshof is 15 jaar oud!

Die CVO Skool in Sannieshof nooi almal wat betrokke was by die skool vanaf die stigting in 1997 tot 2011 uit na n reunie. 'n Volle 15 jaar het verloop en vele leerlinge, onderwysers, hoofde, ouers, opvoedingsraadslede en trustlede was betrokke by die unieke skool. Ons het begin met 10 leerlinge in 1997 in 'n groot huis in Bovenstraat 61 en menige kinderlyfies het die matte in die huis deurgetrap en heerlike tye onder die groot bome in die reuse erf gehad.

Ons het tot ons eerste huissport om die huis se inry gehou. Die seuns het op hul knieë op die gras rugby gespeel toe hul maatjie Jean Joubert sy been met n fratsongeluk verloor het. Onstuitbaar een in gees. (Jean Joubert is tans n paralimpiese atleet wat regoor die wêreld aan byeenkomste deelneem) Ons leerlinge het uitgeblink op Provinsiale en Landswye byeenkomste. Moenie rugby, netbal, krieket, skaak, landloop en fietsry vergeet nie. Selfs uithouritte op Nasionale vlak. Leerlinge wat na Hoërskole gaan blink uit in leiersposisies. Ons het selfs talentvolle sangers in ons skool gehad.

Niemand sal ooit ons eerste Bosvelddans vergeet nie met 500 mense in die Cordier saal, 5 duim reën op die 22 ste Mei, (daarna het almal geglo as die CVO skool dans hou, rëen dit). Motors wat uitgesleep moes word op modder grondpaaie en oom Gerrie wat tot 5 uur die oggend saam partytjie hou! (Dit was nog voor die knie operasies.)

Die huis word toe verkoop en ons trek in n splinternuut geboude skool in (kontant gebou met skenkingsgeld) op die 50 ha grond wat die Trust aangekoop het vir 'n skool. Daar word kermis, konserte en prysuitdelings gehou met 'n ongelooflike lekkerte. Ons gaan ook saam deur moeilike tye waar twee personeellede teen kanker stry. Ons begrawe twee van ons stigterslede Frans Otto en Andries Niemand.

Daar word elke jaar nuwe saad in die grond gesit en die goeie oeste voorsien elke jaar in alles wat kort.

Ons CVO kinders beklee vandag topposte en is dokters, ouditeurs, ontwerpers, rekenaarkundiges, onderwysers, noem dit en hul blink uit.

Ons onderwysers het een missie om ons jong mensies so goed moontlik toe te rus en te ontwikkel vir die grootmenswêreld.

Ons gaan DV Saterdag 15 Oktober 2011 om 10h00  almal ontvang in die skoolsaal. Almal word gevra om 'n vleisie, broodjie, drinkgoed en eetgerei asook 'n kampstoel saam te bring. Ons gaan sorg vir slaaie, pap en sous, poeding en die braaivleisvure. Die kleintjies gaan kan glip&gly hê(swemklere, handdoek en sonskerm asb.)  en 'n springkasteel om tot die pret by te dra.

Daar gaan lekker musiek gemaak word (julle onthou nog Going Back West) en 'n groot skerm vir die wat later wil rugby kyk.

Daar is genoeg akkommodasie in Sannieshof. Die wat verkies om in 'n gastehuis te oornag kan my gerus kontak vir besonderhede by 0726242395(Marina Otto) Ons gaan ook 'n fotograaf reël sodat al die herinnering op laserskyf beskikbaar sal wees.

Ons het nie almal se selnommers om smse uit te stuur nie. Ons doen 'n beroep op alle ouers om te help sodat ons almal bymekaar kan kry.

Kontak asb vir Charmaine by die skool 018 683 0190 of Marina Otto vir enige navrae. Ons sien baie daarna uit om julle almal weer te sien.

 

ELIZMAY LE GRANGE - SKIET RAAK!

ELIZMAY LE GRANGE VAN CVO POTGIETERSRUS – SKIET RAAK!

 Elizmay is die eerste skut van CVO Skole wat nasionaal gaan skiet. Sy het verlede jaar met luggeweer begin skiet. Sy het hierdie jaar haarself onderskei as die beste skut in die provinsie vir haar ouderdomsgroep. Sy neem DV. einde September aan die nasionale skietkompetisie deel. Ons is trots op hierdie meisie wat so raak skiet!       

.

 

CVO Zoutpansberg onthul hulle vlag

Die CVO Zoutpansberg, Louis Trichardt, het op 31 Mei 2011 tydens hulle Republiekdagvieringe, hul skoolvlag onthul. Dit was 'n baie spesiale dag, nie net in die geskiedenis van ons volk nie, maar ook in die skool se geskiedenis.

Die skool is in 1998 gestig en het tans 80 leerlinge en 15 onderwysers. Die skoolwapen is op die vlag gedruk en die kleure van die wapen, is herhaal in die vlag. Dit was voorwaar 'n trotse dag in die geskiedenis van die CVO Zoutpansberg. 

 

Direksie 2011/2012

Die volgende persone is tot die BCVO Direksie verkies:

Ds. Willem van Schalkwyk - Voorsitter
Ondervoorsitter:Renier Boshoff
Finansies:Gys Jansen van Rensburg
Bemarking:George Bester
Sport:Derek Morkel
Kultuur:Henri Malan
Onderrig:Boet Groenewald Theuns de Wet

Streeksdirekteure:
Sentraal: Henri Malan
Oos-Transvaal: Derek Morkel
Noord-Transvaal: Renier Boshoff
Noordwes: Jan Möller
Vrystaat: Hannes Myburgh
Noord-Kaap: Hannes du Preez

 

Versoek om hulp na brandskade

Brand Skade by CVO Skool Potgietersrus

Die skool doen hiermee 'n beroep vir hulp vir die vervanging van verliese tydens die afbrand van die skool se ouditorium, administratiewe kantore en stoorkamers op 30 Januarie 2011.

Hierdie fasiliteite was gevestig met hulp van donateurs en harde werk van ouers, personeel en kinders, dit is verstaanbaar dat almal emosioneel verslae was oor die ramp.

Met ongeloof het ouers, kinders, onderwysers en vriende van die skool Sondagoggend op die toneel gearriveer, die totale verwoesting van die skool se trots het almal verslae met swaar harte en hartseer die verwoesting gade geslaan. Ouers en vriende van die skool het die hele Sondag nog die smeulende pale en gras geblus. Die ontstaan van die vuur is nog nie bekend nie en forensiese ondersoeke is nog in proses.

Die vuur is ontdek deur die sekuriteitsdienste wat 'n alarm sein op die terrein ondersoek het en die nooddienste gekontak het, wat baie vinnig op die terrein was Sondagoggend, ongeveer 01h30.

Weens intense hitte en die gevaar van intuimeling van die struktuur, kon net 'n klavier, podium en 'n paar stoele gered word. Die gebou het die ouditorium, administratiewe kantore, skoolhoof kantore, stoorkamers en kombuis gehuisves. Onderrigmateriaal, sporttoerusting, administratiewe-toerustinq, dokumentasie, gedenkwaardighede van die skool, kombuistoerusting, ouditoriurntoerusting en klanktoerusting ens. is totaal verlore in die brand.

Ons is baie dankbaar dat ons klaskamers nie in die slag gebly het nie en met 'n paar orde-reëlings kon die skool Maandag normaal voortgaan.

Die skool sal dankbaar wees vir enige donasies wat maatskappye en persone mee kan help, asook die verspreiding van die hulp-versoek na persone en maatskappye wat u dink hulp sal verleen met die groot verlies. Daar is reeds 'n hulpfonds vir die skool gestig. CVO Skool Brand Fonds ABSA bank rekening no: 9257086359 Tak kode 33 43 48 Tipe rekening: Spaar Kontak Besonderhede Tel: 015 491 6526 Faks: 015 491 3444 e-pos: cvopprus@lantic.net

By voorbaat dank.

 

BCVO Glansgeleentheid

Die jaarlikse BCVO Glansgeleentheid is Saterdag 8 Januarie 2011 gehou. CVO leerlinge wat die beste in vakke presteer het, het tydens die geleentheid erkenning gekry.

Die beste presteerder is Petra Legemaat van CVO Skool Pretoria. Sy het die BCVO-trofee gewen.

Carl le Roux van CVO Lichtenburg is tweede en Hendrik Terblanche van CVO Gromar in Groblersdal is derde. Hierdie drie leerlinge deel ook die Dinamika Makelaarstrofee vir die hoogste punt in Wiskunde.

Petra Legemaat het ook die GHA-trofee vir die hoogste punt in Afrikaans Moedertaal, Wally Granttrofee vir Fisiese Wetenskap en Treoc.comtrofee vir Rekeningkunde gekry. Treoc.com het ook 'n seminaar en twee trusts ter waarde van R10 000 aan Petra geskenk. Sy het verder ook sertifikate gekry vir die hoogste punt in Wiskunde Vraestel 3 en Christelike Lewensorientering.

Hendrik Terblanche van Gromar het ook die trofee vir die hoogste punt in Engels Eerste Addisionele Taal, Klydontrofee vir Fisiese Wetenskap gekry en 'n sertifikaat vir die hoogste punt in Inligtingstegnologie.

Zelandri du Toit van CVO Lichtenburg het die trofee gekry vir die hoogste punt in Lewenswetenskap.

Veronica Bauermeister het die TLU-trofee gekry vir die hoogste punt in Landboubestuurspraktyk.

Cassien Harmsen van CVO Skool Pretoria het die TGIS-trofee vir die hoogste punt in Geografie gekry. TGIS het ook 'n padvinder (GPS) en tjek aan Cassien gegee.

Leona Venter van CVO Zoutpansberg en Chavaughn Steenkamp van CVO Gromar deel die Bravolandtrofee vir die hoogste punt in Rekenaartoepassingstegnologie.

Christiaan Jansen van CVO Skool Potgietersrus het die CVO Skool Potgietersrustrofee vir die hoogste punt in Gasvryheidstudie gekry.

Hendrik Esterhuizen van CVO Eendrag in Jan Kempdorp het die Solidariteittrofee vir die hoogste punt in Ingenieursgrafika en Ontwerp gekry.

Willem van Nieuwkoop van CVO Skool Pretoria het die Solidariteittrofee vir die hoogste punt in Elektriese Tegnologie gekry.

BCVO is baie trots op hierdie leerlinge, maar ook op al die ander leerlinge wat presteer het. Ons is ook dankbaar dat daar organisasies is wat bereid is om trofee en ander skenkings te maak.

 

GR. 12-Uitslae 2010

BCVO Skole het hierdie jaar 'n 97% slaagsyfer behaal. Die meeste skole het weereens 100% slaagsyfers gekry.

Die leerlinge wat die beste binne BCVO presteer het, is:
Petra Legemaat van CVO Skool Pretoria,
Carl le Roux van CVO Lichtenburg en
Hendrik Terblanche van CVO Gromar.

Die beste presteerders in onderskeie vakke, asook bogenoemde drie leerlinge sal DV Saterdag tydens die jaarlikse BCVO Glansgeleentheid erkenning kry. Ons is baie dankbaar dat ons leerlinge so goed gevaar het en wil hulle, hulle ouers, onderwysers en skole gelukwens met die prestasies. Ons is trots op ons leerlinge!

 

GHA Kompetisie

GHA GEDIGTE-KOMPETISIE

Ope Afdeling Kategorie C (Bosoorlog) Naaswenner: Marinette de Bruin (CVO Pretoria - Onderwyseres) met gedig: Meer as dertig jaar...

Kategorie F (Sonnet en ander digvorme): Carine Joubert Gr. 10 van CVO Pretoria het hier 'n sonnet Kitaarsonnet ingeskryf waarmee sy tweede gekom het.

Laerskool Afdeling (Natuur). Algehele Wenner: Anja Meyer (CVO Potgietersrus) met gedig: Bienkie van die stad. Interessant dat daar van CVO Potgietersrus 20 laerskool- en 8 hoërskoolkinders ingeskryf het.

Ander CVO-leerlinge wie se gedigte gepubliseer is, is in Stemme uit die Suiderland V: Carla van Wyk – CVO Potgietersrus
Carlo Smith - CVO Potgietersrus
Lilly Labuschagne - CVO Potgietersrus
Dioné Cronjé - CVO Potgietersrus
Anja Meyer - CVO Potgietersrus
Somarie Derksen - CVO Potgietersrus
Yvonne Struwig - CVO Potgietersrus
Suné Els - CVO Potgietersrus
Karlien Trollip – CVO Lichtenburg

Die beoordelaars het gesê dat die standaard van CVO-leerlinge opmerklik uitgestaan het. Ons is opreg trots op ons leerlinge!

 

Ondersteuningsfonds vir behoeftige leerlinge in die Vrystaat

Ondersteuningsfonds vir behoeftige CVO-leerders:

Die stigting van ’n fonds om behoeftige leerders aan CVO-skole in die sentrale streek van die land te ondersteun, bekend as die Trap der Jeugd Trustfonds, is pas gefinaliseer en in werking gestel. Die fonds is beskikbaar vir enige leerling aan een van die ses geregistreerde CVO-skole in die sentrale streek, nl. dié te Bethlehem, Bloemfontein, Excelsior, Orania, Heilbron en Vierfontein.

Dit is egter ook beskikbaar vir enige leerder wat kwalifiseer om ’n CVO-skool by te woon, maar nie oor die nodige fondse beskik nie.

Die Trap der Jeugdfonds is volkome afhanklik van geldelike skenkings sowel as skenkings in natura uit die publiek. Vir hierdie doel is enige welwillende persoon of instansie welkom om ’n bydrae te maak.

Skakel Hannes Myburgh by 082 852 8843 o f (058) 852 2781 of hannes@welgeluk.co.za. Bydraes kan ook geoormerk word vir enige van die ses skole of vir ’n spesifieke leerder/s of spesifieke doelstellings. Die bankbesonderhede is voos volg: Trap der Jeugd Trustfonds, Standard Bank, Brandwag, Bloemfontein, rekeningnr: 140 377 913.

 

BCVO UITSLAE
Ses-twintig BCVO-skole het altesaam 156 kandidate vir die 2009 Gr.12-eksamen by die OAER ingeskryf. 87 Onderskeidings is behaal. 24 BCVO-skole het 100% slaagpersentasie behaal. Die slaagpersentasie van die BCVO-kandidate was 99%.

Drie-en-vyftig persent van die kandidate het toelating gekry tot graadstudie.

 

GR.12 Uitslae van 2009
Inligting oor die uitslae van die CVO Skole:

Die slaagsyfer vir die CVO Skole is 99%!

Die meeste onderskeidings is in Wiskunde behaal, nl. Twaalf. Daar is twee kandidate wat 98% vir Wiskunde behaal het. Een kandidaat het 93% vir die derde vraestel in Wiskunde behaal. Hierdie vraestel is verpligtend vir alle CVO-leerlinge. In Wiskundige Geletterdheid het ses kandidate onderskeidings behaal.

Sewe kandidate het in Rekeningkunde onderskeidings behaal, vyf in Afrikaans, Besigheidstudie en Engels. In Lewensorientering het 34 kandidate onderskeidings behaal.

Al te saam 87 onderskeidings is deur CVO-leerlinge behaal.

Die OAER se uitslae is beslis beter as verlede jaar. Tuisskoolkandidate het ook opmerklik beter presteer.

Die kandidaat wat die beste presteer het in die eksamen van die OAER, is Maricka Herrer van Pietersburg wat deur Moria ingeskryf het. Willem Johannes du Plessis van CVO Zoutpansberg in Louis Trichardt is tweede.

Hartlik geluk aan al die kandidate, hulle ouers en onderwysers. Die beste presteerders asook presteerders in verskeie vakke, kry Saterdag 9 Januarie 2010 erkenning tydens 'n spoggeleentheid.

 

BCVO 0/13 Rugbyspan presteer in Frankryk

BCVO se Nasionale 0/13-rugbyspan wat tydens die Winterspele gekies is, het aan 'n toernooi in Frankryk deelgeneem. Hulle het nie net die toernooi gewen nie, maar ook al agt hulle wedstryde en geen punte kon teen hulle aangeteken word nie.

Stephan Fick is hulle trotse afrigter. Hulle word DV Woensdag 4 November 2009 om 6:45 in Suid-Afrika terug verwag. Ons is trots op ons 0/13-rugbyspelers!

 

Oudleerling in Belgiƫ

Loria Hayes (matriek CVO Pretoria, 2003), is op die oomblik 'n uitruilstudent by die Universiteit van Antwerp in Antwerp, België vir die finale semester van haar B Com(regte)LLB studies.

Hier is 'n skakel van 'n TV-program, van die "Campus TV" van die ATV, streekstelevisie van België, waarin sy verskyn. http://www.atv.be/v3/popups/programarchive.aspx?id=1642 (laai eers so halfpad af voordat jy kyk)

Loria is na die onderhoud deur die TV-span genader om vir hulle onderhoude in Afrikaans te doen wat dan uitgesaai word. Haar eerste onderhoud was met 'n mediese professor wat navorsing doen oor gewigloosheid in die ruimte.

Volgens Loria is die Belge (Vlaaminge) met wie sy te doen kry in vervoering oor Afrikaans. Dit wys net dat ons kinders nie geisoleerd is nie, al kom hulle uit klein skole. Hulle kan hulself handhaaf ook internasionaal.

 

Oudleerlinge presteer

Studente aan die Ingenieursfakulteit van Pretoria moes iets nuut ontwerp, maak en bemark. Ongeveer 800 studente het in groepe deelgeneem, wat ongeveer 200 projekte beteken.

Edwin van Aarde (CVO Pretoria) en Andre Malan (CVO Brakpan)se groep het 'n algehele derde plek behaal.

Martin van Nieuwkoop (CVO Pretoria)en sy groep het 'n vierde plek behaal.

Hartlik geluk aan hierdie oudleerlinge. Ons is trots op julle! Dit is 'n bewys dat CVO leerlinge uitstyg, ook na skool.

 

CVO-leerlinge presteer in Afrikaans!

Hartlik geluk aan die volgende leerlinge wie se gedigte gekies is vir publikasie in digbundel "Die Wonder van Afrikaans" wat deur die GHA uitgegee word:

Anja Meyer - Regstellende aksie, CVO Potgietersrus,
Marcelle Potgieter - Eksamen, CVO Marmer,
Delene van Wyk - Verstaan ons? en Wat?, CVO Vivo,
Coba Cilliers - Hoekom, CVO Waterberg,
Mardonet Coetzee - Ons land en Egskeiding, CVO Pretoria,
Nerina Engelbrecht - Nee!, CVO Waterberg,
Quintus Engelbrecht - Die ander donker en Bang vir more, CVO Waterberg,
Angelique le Grange - Hoop, CVO Potgietersrus,
Andrea Lexow - Aan jou, CVO Pretoria,
Betsie Olivier - Mes teen die keel, CVO Kalahari,
Megan Pienaar - Eksamenkoors, CVO Waterberg,
Karlien Trollip - Verlore droom, CVO Lichtenburg.

Baie dankie ook aan toegewyde personeel en ouers wat leerlinge motiveer om deel te neem.

 

CVO Leerling presteer

Lee-Ann Olivier, 'n leerling van CVO Skool Pretoria het 'n gedig "Last Breath" ingeskryf vir 'n kompetisie van die "Poetry Institute of Africa". Die gedig is een van die gedigte wat gekies is vir publisering in "Resolute Rendition".

Die gedig kan gelees word onder die dokumente wat op die webwerf gelaai is. Ons is trots op Lee-Ann.

 

 

   
Webwerf deur Ontowebmedia en Inligtingsdienste