Lydenburg Akademie vir C.V.O – Skoolhoof
Lydenburg Akademie vir C.V.O beskik oor ‘n vakante Skoolhoofpos vir vulling soos hieronder aangedui. Lydenburg Akademie vir C.V.O is ‘n privaatskool wat vanuit ‘n Calivinisties-Gereformeerde benadering onderrig aan leerlinge verskaf. Die skool se voertaal is Afrikaans, die leerplan wat gevolg word voldoen aan die Kurrikulum Assesserings Verklaring, die skool skryf die IEB-matriekeksamen in Afrikaans en die skool is ten volle geakkrediteer by Umalusi.
- Posvereistes:
Onderwys-gegradueerd.
Ten minste 10 jaar onderwyservaring.
Bestuurservaring in die onderwys sal ‘n aanbeveling wees.
Geregisteer by SARO as Onderwyser.
Lid van een van die 4 Gereformeerde Kerke. - Diensaanvaarding:
Onderhandelbaar. - Aansoek vereistes:
Verklaring van Voorneme.
Volledige Curriculum Vitae.
Gewaarmerkte afskrifte van sertifikate.
Getuigskrif van huidige Leraar.
Bereidheid om psigometriese toetse af te lê. - Sluitingsdatum vir aansoeke:
Vrydag 31 Oktober 2019 - Aansoek adres:
cvo@lantic.net - Navrae:
Mnr AJ Kruger (Voorsitter Opvoedingsraad) – 0847744010