|
||
|
Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) is die sambreelmaatskappy waarby CVO-skole geaffilieer is. Die BCVO lewer studiemateriaal, sowel as gekoördineerde sport- en kultuurgeleenthede op nasionale vlak, aan CVO-skole.
|
||
Christelik Ons glo dat die Woord korrek vertolk word soos gevind in die drie formuliere van eenheid, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Daarom huldig ons hierdie skrifbeskouing. Hierdie uitleg van die Skrif word ook in die studiemateriaal wat in CVO skole gebruik word, weerspieël. |
![]() |
|
|
||
![]() |
Volkseie Ons glo dat die Vader die volkere-verskeidenheid daargestel het. So ook vir ons as volk. Ons Afrikanervolk het in die besonder beslag gekry deur sy kultuureie en eie geskiedenis. In die Afrikanergeskiedenis was die Gereformeerde geloftes bepalende momente nl. dié van Jan van Riebeeck op 6 April 1654, Bloedrivier 16 Desember 1838 en Paardekraal 1880 wat die Eerste Vryheidsoorlog voorafgegaan het. Ons volk word ook onderskei deur ons eie moedertaal Afrikaans en sy kultuurprestasies op die terrein van kuns, wetenskap en tegnologie. Die handhawing en uitlewing van ons kultuureie en eie identiteit is vir ons ononderhandelbaar. |
|
Onderwys Die aard van ons onderwys onderskei ons van alle ander skole. Ons sillabusse het ons eie verrykte inhoud en word nie deur staatsvoorskrifte en vakbenaminge gedomineer nie. BCVO het deurgaans geweier om ons verbondkinders aan die ondeurdagte eksperiment van uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) te onderwerp. Na deeglike studie deur kundiges vir die BCVO is ook gedokumenteer hoe dat opvoedende onderwys van CVO teenoor UGO en die staat se kurrikulums staan. Die afbrekende inhoude van daardie staatskoolkurrikulums is deur staatsonderwys behou selfs na die erkenning van die mislukking van UGO. Daarom is ons onderrig, behalwe dat dit streef na uitnemendheid op verskillende vlakke, gefokus op kennis en insig en CVO-waardes en nie ‘uitkoms’gedrewe soos die volksvreemde regering dit wil hê nie. |
![]() |
|
|
||











