Nuusflits 1 van 2017

BCVO SE MATRIKULANTE VAN 2016 PRESTEER
 
Die voltydse CVO kandidate van 2016 het ʼn slaagsyfer van 98.4% in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se Nasionale Seniorsertifikaat eksamen behaal. Dit is ʼn verbetering op die 2015 slaagsyfer van 95%. 58% van die kandidate het toelating tot graadstudie verwerf in vergelyking met die 54% van 2015. Die 125 voltydse kandidate het 105 onderskeidings verwerf. Louis Cloete van CVO Pretoria het 7 onderskeidings behaal, terwyl Yvonne Janse van Rensburg van CVO Vivo en Erik du Preez van CVO Orania elk ses onderskeidings verwerf het. Vier kandidate het vyf onderskeidings elk behaal.
 
Die volgende kandidate is met hulle prestasies in die onderskeie vakke onder die eerste 1% van die presteerders van IEB: Yvonne Janse van Rensburg, CVO Vivo, Engels Eerste Addisionele Taal, Riaan Lindeque, CVO Waterberg (Nylstroom), Landboubestuurspraktyk, Hester Maree, CVO Dankbaar - Bloemfontein, Landbouwetenskap, Nichola-Lee Büxmann, Marné Ebersohn Akademie vir CVO (Pietersburg), Siviele Tegnologie.
 
Skole wat 100% slaagsyfer behaal het, is: CVO Carolina, CVO Dankbaar (Bloemfontein), CVO Derby, CVO Gromar (Groblersdal), CVO Lichtenburg, Marné Ebersohn Akademie vir CVO (Pietersburg), CVO Omega, CVO Orania, CVO Platina (Rustenburg), CVO Potgietersrus, CVO Vivo, CVO Vryburg, CVO Waterberg (Nylstroom), CVO Zoutpansberg (Louis Trichardt).
 
Die beste presteerders in van die vakke kry DV Vrydag 6 Januarie 2017 tydens ’n formele dinee erkenning vir hulle prestasies.
 
BCVO het tans 37 skole landswyd. Dit is onafhanklike Christelike Afrikaanse skole. Ongeveer die helfte van die skole is van kleuter tot matriek. Die res is slegs laerskole. Verskeie skole kan leerlinge in koshuise akkommodeer. CVO Skole se skoolgeld is bekostigbaar. Die goeie uitslae getuig van twaalf jaar se uitnemende kwaliteit onderrig.
 
Alle eer aan die Here vir goeie prestasies!
 
 
Vinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.xVinaora Nivo Slider 3.x

Facebook Bladsy