Oudleerling in België

Loria Hayes (matriek CVO Pretoria, 2003), is op die oomblik ‘n uitruilstudent by die Universiteit van Antwerp in Antwerp, België vir die finale semester van haar B Com(regte) LLB-studies.

Sy verskyn in ‘n TV-program van die “Campus TV” van die ATV – streekstelevisie van België.

Loria is na die onderhoud deur die TV-span genader om vir hulle onderhoude in Afrikaans te doen wat dan uitgesaai word. Haar eerste onderhoud was met ‘n mediese professor wat navorsing doen oor gewigloosheid in die ruimte. Volgens Loria is die Belge (Vlaaminge) met wie sy te doen kry in vervoering oor Afrikaans. Dit wys net dat ons kinders nie geisoleerd is nie, al kom hulle uit klein skole. Hulle kan hulself handhaaf ook internasionaal.

This entry was posted in Buiteland, Oud-leerlinge. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>