Ses-twintig BCVO-skole het altesaam 156 kandidate vir die 2009 Gr.12-eksamen by die OAER ingeskryf. 87 Onderskeidings is behaal. 24 BCVO-skole het 100% slaagpersentasie behaal. Die slaagpersentasie van die BCVO-kandidate was 99%.
Drie-en-vyftig persent van die kandidate het toelating gekry tot graadstudie.
Die meeste onderskeidings is in Wiskunde behaal, nl. twaalf. Daar is twee kandidate wat 98% vir Wiskunde behaal het. Een kandidaat het 93% vir die derde vraestel in Wiskunde behaal. Hierdie vraestel is verpligtend vir alle CVO-leerlinge. In Wiskundige Geletterdheid het ses kandidate onderskeidings behaal.
Sewe kandidate het in Rekeningkunde onderskeidings behaal, vyf in Afrikaans, Besigheidstudie en Engels. In Lewensorientering het 34 kandidate onderskeidings behaal.
Al te saam 87 onderskeidings is deur CVO-leerlinge behaal.
Die OAER se uitslae is beslis beter as verlede jaar. Tuisskoolkandidate het ook opmerklik beter presteer.
Die kandidaat wat die beste presteer het in die eksamen van die OAER, is Maricka Herrer van Pietersburg wat deur Moria ingeskryf het. Willem Johannes du Plessis van CVO Zoutpansberg in Louis Trichardt is tweede.
Hartlik geluk aan al die kandidate, hulle ouers en onderwysers. Die beste presteerders asook presteerders in verskeie vakke, kry Saterdag 9 Januarie 2010 erkenning tydens ‘n spoggeleentheid.