Twee Onderrigadviseursposte is beskikbaar in die BCVO-kantoor in Pretoria:
- Wiskunde en Fisiese Wetenskap
- Afrikaans en Engels
Vereistes:
- Akademies: Toepaslik gegradueerd met ’n professionele onderwyskwalifikasie.
- Werksondervinding: Ondervinding in ’n onderwysmilieu, verkieslik in ’n bestuurspos. Ten minste vyf jaar ervaring van onderrig van Gr. 12-leerlinge in die betrokke vakke. Ervaring t.o.v. IEB eksamen sal in die kandidaat se guns tel. Ondervinding in afstandsleer sal ’n aanbeveling wees.
- Rekenaarvaardigheid is ’n vereiste.
- Van die persoon sal verwag word om onderrig in skole in die betrokke vakke landswyd te koördineer asook om te help met afstandsonderrig en vakadvies.
- Bewese ervaring van spanwerk en die vermoë om onder druk te kan funksioneer sal in kandidate se guns tel.
Aansoeke: Stuur u volledige CV per elektroniese pos of faks aan:
Die Uitvoerende Hoof: BCVO (hub@bcvo.co.za),
Faks nr.: 086 562 4313
Die Uitvoerende Hoof: BCVO (hub@bcvo.co.za),
Faks nr.: 086 562 4313
Meld asseblief in u aansoek:
- Kerkverband en gemeente waar u inskakel, asook ʼn onlangse getuigskrif en die predikant se kontakbesonderhede.
- Dui aan vir watter pos u aansoek doen.
- Ten minste 3 opvolgbare werksverwante referente wat u aansoek ondersteun.
- Daar sal van die kandidate verwag word om psigometriese toetse af te lê.